Wednesday, January 14, 2015

Jogurtjellie. Geskik vir Diabete

Jogurt jellie
(4 groot porsies of 8 – 12 kleiner porsies)

20 ml kookwater
20 ml gelatien poeier
400 ml vetvrye aarbei jogurt
1 pakkie suikervrye aarbei jellie
vars bessies van jou keuse of bevrore bessies
Sit kookwater in ’n bakkie, sprinkel gelatien oor en roer tot opgelos. Voeg by jogurt en meng tot glad. Spuit 4 ramekin bakkies of jellie vorms met kleefwerende kossproei. Verdeel jogurt mengsel tussen ramekins en laat stol in yskas. Maak jellie aan volgens aanwysings op pakkie. Laat afkoel. Gooi jellie oor gestolde jogurt en plaas terug in yskas tot gestol. Kan in bakkie voorgesit word of uitgekeer word. Sit voor met bessies.

Variasie: Gebruik vetvrye vanielje-jogurt en 2 ml vanielje pleks van die aarbei jogurt.

KOMMENTAAR
Diabete mag af en toe ietsie soets eet, maar dan moet dit in berekening gebring word by die maaltyd wat daarmee saam geniet word. – Hilda Lategan

Dankie aan Trudy Snip Erasmus wat die resep vir ons op Facebook gepos het.

 

No comments:

Post a Comment