Wednesday, December 11, 2013

Twee-uur komkommer-piekels

twee uur komkommer piekels

Twee-uur komkommer-piekels

BESTANDDELE

1 Engelse komkommer
125 ml wit wyn asyn
125 ml water
10 - 15 ml suiker
1 klein bossie pietersielie, grof gekap
½ rooi ui, dun gesny
1 lourierblaar
sout en peper

METODE

Halfeer die komkommer in die lengte en skraap die saad met 'n teelepel uit.
Sny elke helfte in drie lang stukke en sny elke derde in dun repe.
Plaas die komkommer en al die ander bestanddele in 'n houer wat kan seël en laat dit in die yskas vir minstens 2 uur.

Resep: RSG