Friday, December 13, 2013

SwellendamKoek

Koeke

SWELLENDAMKOEK

Die vulsel word eerste gemaak, want dit moet heeltemal afkoel.

VULSEL:

1 liter melk,
7 gelykvol eetlepels vlapoeier,
knippie sout,
suiker na smaak.

Maak dik vla met bogenoemde bestanddele en laat heeltemal koud word. Verwyder roomlaag bo-op wanneer koud en smeer oor drie van die koue koeklae.

Klits 4 eiers tot skuim.
Voeg 2 koppies suiker geleidelik by en klits baie goed.
Smelt 125 g margarien en 1 k melk en bring tot kookpunt.
Voeg 2 koppies meel by eiermengsel, asook 'n knippie sout en 2 teelepels vanielje.
Strooi 2 teelepels bakpoeier bo-oor die meelmengsel.
Gooi nou warm melkmengsel bo-oor.
Laat staan minstens 2 minute en klop dan vinnig.
Gooi uit in koekpanne (2) en bak by 190°C vir 30 minute.
Laat bietjie afkoel en sny elke laag in 2.

Terwyl die koeklae bak, maak die versiering:

VERSIERING

250 g sagte margarien,
2 k versiersuiker,
4 t vanieljegeursel

Klits bogenoemde goed saam tot romerig.

Plaas nou die koeklae op mekaar en versier die boonste laag met die versiering.

Eet die koek terwyl nog so louwarm.

Uit die nuusbrief van Danie van egafrikaans.co.za

No comments:

Post a Comment