Thursday, December 12, 2013

UIESKONS

Uieskonks

UIESKONS

250ml melk

1 eier

1 pakkie dik wituiesoppoeier

50g botter

400g bruismeel (3k)

30ml fyngekapte pietersielie of grasui

 

Klits die melk, eier en wituiesoppoeier saam en laat dit rukkie staan.

Verhit die oond tot 220C en smeer groot bakplaat.

Frummel die botter by die bruismeel in.

Voeg die pietersielie of grasui by en meng.

Sny die melkmengsel met ‘n slaplemmes by die meelmengsel in totdat ‘n sagte deeg gevorm het.

Rol die deeg 2cm dik op meelbestrooide deegplank uit.

Druk sirkels, 5cm in deursnee, uit.

Plaas die sirkels ‘n entjie van mekaar op bakplaat.

Bak die skons 10 – 12 min lank tot goudbruin.

Eet dit dieselfde dag.

Of vries in plastieksak.