Wednesday, December 11, 2013

Gemmer (Bets se resep)

GemmerBier (Bets se resep) Gemmerbier (Bets)

Meng 1 Koekie Suurdeeg met 1 liter bloed lou water.

Gooi die volgende in ‘n emmer en meng:
14 Liter water
6 E gemmers
3 of 4 hande vol rosyne
2E Kremetart
2.5kg suiker

As die suurdeeg bietjie begin “borrel” meng met die res van die bestandele en laat staan vir 2 dae om te gis.

Syg (Sif) deur ‘n doek.
Gooi in glas bekers or lee koeldrank bottels en verkoel.

Baie belangrik:  Onthou om die prop styf toe te draai nie.
Die prop moet net liggies op die bottel wees.
Die gemmerbier bou gas op.

No comments:

Post a Comment