Thursday, December 12, 2013

MELKTERT MET ‘N SUURLEMOENKINKEL

MELKTERT MET ‘N SUURLEMOENKINKEL

 

MELKTERT MET ‘N SUURLEMOENKINKEL

1 pakkie lemon creams (suurlemoenroompies)

75ml botter gesmelt

1 pakkie tennisbeskuitjies

1 liter melk

1 blik kondensmelk

1 ekstragroot eier

1 hoogvol eetl vlapoeier

2 eetl mielieblom (maizina)

knippie sout

fyn kaneel

 

Maak die pakkie lemoncreams (suurlemoen roompies) fyn in die voedselverwerker

en voeg die gesmelte botter daarby en meng goed deur. .

Druk dit onder in ‘n tertbord vas en hou solank eenkant.

Maak ‘n pasta van die vla, mielieblom, suiker en eier.

Verhit die melk en kondensmelk tot kookpunt. (Kan ook in mikrogolf gedoen word).

Voeg die vla pasta by met ‘n dun straaltjie terwyl u die warm melkmengsel aanhoudend roer.

Kook oor lae hitte terwyl u dit steeds roer totdat dit gaar en dik is. (Kan ook in mikrogolf gedoen word)

Roer net na elke minuut ± vir so 5minute afhangende van sterkte van oond.

Skep nou die helfte van die melkpap bo-op die suurlemoenroompie kors,

pak ‘n lagie tennisbeskuitjies bo-op en skep die ander helfte melkpap

bo-oor die laag tennisbeskuitjies.

Rond die boonste laag af met gekrummelde tennisbeskuitjies.

Strooi bietjie fyn kaneel  oor en laat heeltemal afkoel sodat dit behoorlik stol. 

Sny nou in blokkies of driehoekskyfies en geniet dit saam met ‘n heerlike koppie boeretroos.

U kan natuurlik die tert garneer met ‘n paar jong suurlemoenblaartjies. ‘

(Uit Anna Eksteen se nuusbrief)Koop Anna se e-boeke by Kalahari