Wednesday, December 3, 2014

Pofeiers met tamatieslaai

Tuesday, December 2, 2014

Botter Koekies



BOTTER KOEKIES
Lewer 96
10 ml (2 t) bakpoeier
4 x 250 ml (4 k) koekmeel
knippie sout
300 ml (1¼ k) suiker
250 g STORK BAKE
2 eiers
Geglasuurde kersies, gekap

METODE:
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Smeer ’n paar bakplate.
Sif die droë bestanddele saam.
Voeg die suiker by en meng goed.
Vryf die STORK BAKE by die mengsel in.
Klop die eiers en voeg dit by die mengsel.
Meng tot ’n stywe deeg vorm, maar moet dit nie te veel hanteer nie.
Rol die deeg uit op ’n meelbestrooide oppervlak en druk vormpies uit.
Versier met kersies.
Plaas op ’n bakplaat en bak 12-15 minute tot gaar.
Laat effens afkoel op die bakplaat en laat dan heeltemal afkoel op ’n draadrakkie.
Bêre in ’n lugdigte houer.

Bron: Stork
Plasing: Tiana Botes /WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

Dankie Bianca wat die resep op ons Facebook geplaas het. www.facebook.com/resepterecipes




 
http://groups.yahoo.com/group/resepte
Subscribe: resepte-subscribe@yahoogroups.com
List owner: resepte-owner@yahoogroups.com

http://www.facebook.com/ResepteRecipes

Forward or send anything you would like to share to: eposvriende-owner@yahoogroups.com

 

Aarbei Konfyt Koekies

 



AARBEI KONFYT KOEKIES
Genoeg vir 24 koekies.
Hier is ’n grootmens weergawe van die bekende Jolly Jammers waarop kinders so dol is.

400 g botter (435 ml)
200 g versiersuiker (385 ml)
10 ml vanielje geursel
4 eiergele
500 g koekmeel (890 ml)
knippie sout
1 x 160 g fles sagte aarbei konfyt

Room botter, versiersuiker en vanielje geursel met ’n elektriese menger tot lig en romerig in middelslag mengbak.
Voeg eiergele by en meng goed.
Voeg koekmeel en sout by en meng tot ’n sagte koekiedeeg.
Verdeel deeg in 2 gelyke dele, draai elkeen in kleefplastiek toe en laat rus in yskas vir 25 minute.
Strooi dun lagie koekmeel op werkvlak.
Rol elke bal koue deeg met koekroller uit tot sowat 5 mm dik.
Smeer konfyt op een deel deeg en plaas tweede een bo op, druk stewig vas.
Plaas op bakplaat en sit in vrieskas tot hard.
Verhit oond tot 180 ° C.
Sny bevrore deeg met ’n skerp mes in netjiese reghoek.
Meet porsies van 2 cm breed en sny lang koekies.
Plaas op bakplaat wat met bakpapier uitgevoer en met kleefwerende kossproei gespuit is.
Bak 12 –15 minute of tot goue tee kleur.
Laat afkoel tot hard.



Kerrie boontjies

Kerrie-groenbone

(sowat vier 250 ml-flesse)

  • 1 kg groenbone
  • 2 uie, gekap
  • 100 g suiker
  • 8 ml sout
  • 25 ml kerriepoeier
  • 5 ml borrie
  • 30 ml mielieblom
  • 450 ml witwynasyn

Sny die groenbone in sowat 3 cm stukke.
Gooi die bone in ’n kastrol en bedek met warm water.
Bring tot kookpunt en kook vir 5 minute.
Voeg die uie by en kook vir nog 5 minute.
Meng die suiker, sout, kerriepoeier, borrie en mielieblom met ’n bietjie van die asyn.
Voeg die mengsel by die bone en gooi die res van die asyn ook by.
Roer goed en kook stadig vir 5 minute.
Vul gesteriliseerde flesse met die warm bone.

 

Source: Sarie.com resep

www.facebook.com/resepterecipes




__._,_.___

Feestyd is naby - 'n Versameling heerlike tert resepte

 

Grenadella resepte

Nageregte vir die Kerstyd