Tuesday, October 30, 2018

Maalvleis pastei met ryskors



MAALVLEIS PASTEI MET RYSKORS

Bestanddele
1 dik sny brood, korsies verwyder
bietjie melk
sout en peper na smaak
5ml koljander
37,5ml asyn
500g maalvleis
1 tamatie
3 repies spekvleis
50ml gerasperde kaas
Metode Maalvleis
Week brood, in ‘n bietjie melk, druk uit en krummel. Voeg geurmiddels by maalvleis. Voeg brood by en meng. Skil tamatie, kap in blokkies en voeg by. Druk helfte van mengsel liggies in gesmeerde oondskottel. Rangskik spekvleis en kaas bo-op. Plaas res van vleismengsel bo-oor. Skep volgende kors oor vleismengsel.

KORS:
2 eiers
125ml melk
12,5ml gesmelte botter
125ml gaar rys
125ml meelblom
5ml bakpoeier
125ml gerasperde kaas
Metode
Klits die eiers goed en voeg die melk by. Voeg botter en rys by. Sif meelblom en bak poeier by en skep bo-oor vleismengel in oondskottel. Strooi kaas oor en bak vir 1 uur by 180C.

Resep   Anna Eksteen


Lewer met suursous


Matroos pastei






Friday, October 5, 2018

Sampioen Sous vir Steak

Sampioen Sous vir Steak


Frik Lombard
Bestanddele
1 Pakkie Mushrooms
1 Houertjie Room ~ 250 ml
Klein Bietjie knoffel na smaak
Botter om in te braai
Sout en peper na smaak.
Metode
Sny die smapioene fyn.
Verhit botter in 'n pan.
Plaas sampieone in die pan en braai tot daar nie meer vloeistof is nie.
Gooi nou knoffel na smaak by.
En roerbraai so 1 minuut.
Gooi nou die room by en kook die mengsel tot verdik.
Geur met sout en peper.
http://www.liplekker.co.za/2018/09/sampioen-sous-vir-steak.html/

SPESERY SUIKER

SPESERY SUIKER

Lynette Muller 
Idiaal vir pannekoek, melktert, wafels...en enige soet afronding.
Bestanddele
625 ml sagte bruinsuiker
50 ml van der Hum likeur
10 ml kaneel
2 ml neutmuskaat
1 ml gemengde speserye
25 ml gerasperde lemoenskil
25 ml vermicelli
Metode
Meng 125 ml suiker met die likeur en speserye, voeg res van suiker, skil en vermicelli by en roer goed deur. Bêre in mooi dig sluitende fles.
http://www.liplekker.co.za/2018/09/spesery-suiker.html/

BULLYBEEF SOUTTERT


Lynette Muller
Bestanddele
1 blik bullybeef
1 kop melk
3 eiers
2 eetl meel
1 en half tl droee pietersielie
1 tl mosterd
sout en peper
Metode
Meng alles en gooi in platbak
Rasper lekker baie kaas bo-oor en bak tot gaar 180grade – ongeveer 30 minute
Indien julle nie van die bullybeef hou nie, vervang dit met so 2 kop blokkies kouevleis, weense worsies in ringetjies gesny, blikkie tuna, 2 kop gaar maalvleis of gevlokte hoender
Jy kan dit bietjie aanpas:
1 gekapte ui, 1 koppie blokkies ham, 1 tl bakpoeier en ook 1 ekstra eier. Jy kan selfs so ‘n halwe blikkie pitmielies ingooi by die beslag en ‘n paar stukkies groen, rooi en geel soetrissies gekap
http://www.liplekker.co.za/2018/09/bullybeef-souttert-2.html/

Smul stafies

 
SMULSTAFIES
Anna Eksteen
(12 stafies)

Bestanddele
125 ml volkoringmeel
250 ml hawermout
1 ml koeksoda
125 ml klapper
125 ml bruin suiker
250 ml pitlose rosyne
150 g margarien, gesmelt
15 ml heuning

Metode
Voorverhit oond tot 180C.
Smeer die bakplaat.
Meng die volkoringmeel, hawermout, koeksoda, klapper, bruin suiker en pitlose rosyne saam in 'n groot mengbak.
Meng die gesmelte margarien en heuning saam in 'n aparte bak.
Roer goed.
Voeg margarien-heuningmengsel by die droë bestanddele en meng deeglik met 'n houtlepel.
Druk die mengsel eweredig vas op die bakplaat.
Bak 20 minute lank tot goudbruin.. Sny in stafies terwyl nog warm..
 Laat heeltemal afkoel.

HOLLANDSE SLAAI

HOLLANDSE  SLAAI

Rika Theron
(4 - 5 porsies)
Bestanddele
2 koppies kaas, in blokkies gesny,
jogurt,
2 groot appels, geskil en in blokkies gesny,
2 e gekapte pieterselie,
2 groot lemoene, geskil en membraan verwyder,
8 jong uitjies, gesnipper.
Metode
Meng alle bestanddele liggies en maak klam met jogurt.  Bedien koud op bros slaaiblare.
http://www.liplekker.co.za/2018/09/hollandse-slaai.html/

DADELGEMMERPOEDING


DADELGEMMERPOEDING
Rika Theron
Bestanddele Stroop
Kook 'n stroop van 1 koppie suiker en 2 koppies water.
Bestanddele Poeding
1 k meel,
1/3 k melk,
1/2 k fyngesnyde dadels of korente,
1/2 t gemmer,
1 1/2 t koeksoda,
1 eier,
1/2 t sout,
2 e botter,
2 e appelkooskonfyt.
Metode
Smelt konfyt en botter en voeg melk waarin soda opgelos is, by. 
Klits eier by asook dadels of korente. 
Voeg droë bestanddele by. 
Gooi in gesmeerde bak en gooi 1 koppie van die stroop daaroor. 
Bak 'n rukkie in matige oond (180°C). 
Gooi weer 'n koppie stroop oor en bak tot gaar - ongeveer 35 minute. 
Haal uit en gooi res van stroop oor warm poeding en bedien met vla. 
(Ongeveer 1/3 k brandewyn kan by stroop gevoeg word - dit gee 'n heerlike smaak.)
 http://www.liplekker.co.za/2018/09/dadelgemmerpoeding.html/

GEURIGE KRUMMELGEREG

GEURIGE  KRUMMELGEREG
Rika Theron
4 porsies

Bestanddele
500 g maalvleis,
1 klein blikkie tamatiepuree,
4 e botter,
8 e meel,
1 k gerasperde kaas,
sout & peper.

Metode
Voeg 'n bietjie water by maalvleis, geur en laat stadig stowe tot gaar.
Roer tamatiepuree by.
Skep mengsel onder in oondskottel.
Sif meel en sout saam.
Voeg 'n knypie peper by en vryf botter in meel in.
Voeg kaas by.
Bedek vleismengsel met krummelmengsel.
Bak (190°C) vir 30 minute.

http://www.liplekker.co.za/2018/09/geurige-krummelgereg.html/

Breakfast Jaffle

Breakfast Jaffle

Lynette Muller

The Breakfast Jaffle It’s possible to cook an egg in a jaffle but the results are variable.
The white can become one with the bread and although you can prevent this by lining the bread
with butter or pre-sliced cheese squares, there’s no way of telling exactly when it’s cooked.
Rather pre-poach an egg – the round shape is well suited and there’s more control over achieving a cooked white and runny yolk.

Ingredients
1 egg
100ml white wine vinegar
2 rashers bacon, cooked until crisp and finely chopped
1 square slice of pre-sliced Cheddar
2 slices of white bread, each buttered well on one side
Sea salt flakes and freshly ground black pepper

Method
Fill a medium-sized pot with high sides almost to the brim with water.
Bring to boil and add the vinegar.
Break the egg into a small cup or ramekin.
Keep the water just below bubbling (medium to medium-low heat) – it should be steaming with bubbles forming on the bottom but never quite breaking into a boil.

Stir up the water to form a whirlpool.
Then bring the cup or ramekin right to surface of the water in the centre of the whirlpool, tip in the egg and let it fall to the bottom.
Poach for 3 minutes stirring occasionally to prevent the egg sticking to the bottom.
Remove the egg with a slotted spoon and transfer to a plate lined with paper towel.

Lay one slice of bread, buttered side facing out on the jaffle iron.
Top with the cheese, place the egg on top and season well.
Sprinkle over the finely chopped bacon and cover with the other slice of bread, buttered side facing out.
Close the jaffle iron and cook over coals or a gas flame for 1 to 2 minutes per side or until toasted and golden.

*Variation–The McMuffin Makeover:
Fry the egg sunny-side up and substitute a slice of cooked ham for the bacon.

http://www.liplekker.co.za/2018/09/21999.html/

Fried Rice

Fried Rice

Lynette Muller
Ingredients
4 cups cold cooked rice
4 tablespoons soy sauce
1 clove garlic, minced (optional)
2 tablespoons thinly sliced green onion
2 cups cooked and cubed chicken (optional)
2 cups cooked veggies (optional)
2 tablespoons neutral oil, such as vegetable or canola
Directions
Heat a wok or large non-stick skillet over high heat.
When oil starts to “shimmer”, turn the heat to medium-high.
If using garlic and/or green onions add to oil now and stir.
Add chicken and vegetables if using and mix well.
Quickly add rice and continue to stir until rice is separated and coated with oil or mixed evenly with chicken and veggies.
Sprinkle soy sauce over rice and stir until distributed well throughout rice.
Tips
Almost any veggie can be used — we like frozen green peas or snow peas and julienned carrots.
Beef, pork or shrimp are all good protein ideas.
Make sure they are bite sized pieces and are cooked well before adding.
Garlic is optional because it is not the norm for fried rice.
I find it lends a delicious depth to the finished dish.
Freshly grated ginger and a bit of sesame oil added with the neutral oil are nice additions.* .
http://www.liplekker.co.za/2018/09/fried-rice.html/

SPUR KAASKOEK


SPUR KAASKOEK


1 pakkie Tennis beskuitjies, fyn gerol
80ml margarien, gesmelt
250ml room
250g roomkaas
1 blikkie kondensmelk
75ml suurlemoensap

Meng beskuitjies en margarien en voer n tertbak daarmee uit.
Meng kondensmelk en suurlemoensap.
Roer roomkaas tot glad en roer by.
Klits room styf en vou in. Gooi in tertkors en verkoel.

Bron: inenomdiehuis.com