Friday, October 5, 2018

Blatjang hoender - Grootmaat

Resep:  Jan van Niekerk
Lewer 50 porsies

Bestanddele:
50 Hoenderdye
35 ml Sout
10 Varsgemaalde swartpeper
900 ml Koekmeel
500 ml Sonneblomolie

Blatjangsous:
1 Liter Vrugteblatjang
1 Liter Mayonnaise
1 Liter kookwater
9 Pakkies Bruinuiesop poeier

Metode:
Meng die sout, peper en koekmeel in n groot bak.
Rol die hoender porsies in die gegeurde meel.
Verhit die olie in n swaarboomkastrol en braai die hoender, n paar stukke in die olie tot goudbruin.
Pak die hoender in n enkellaag in twee groot oond panne.
 Meng al die bestanddele vir die sous saam en giet dit oor die hoenderstukke.

Bedek die panne met aluminiumfoelie en bak in voorverhitte oond by 180°C vir 1 uur.
Draai die vleis na 30 minute om en bedek weer.
Verwyder die foelie, maak seker al die stukke is vel kant nab o en bak onbedek vir 10 minute.
Bedien met bruin rys, gestoofde groenbone en pampoen.
Lewer 50 porsies.

http://www.liplekker.co.za/2018/06/blatjanghoender-grootmaat.html/

No comments:

Post a Comment