Friday, October 5, 2018

Aartappel pannekoek


Okkie Jansen van Rensburg

Bestanddele
2 aartappels, skoongeskrop en ongeskil
4 eiers, geskei
250ml koekmeel
5ml bakpoeier
5ml sout
250ml water

Metode
Kry n geskikte dikboom

pan gereed sodat daar dadelik gebraai kan word wanneer die mengsel gereed is.
Klits die eiergele.
Voeg die droë bestanddele en water om die beurt daarby en meng tot glad.
Rasper die ongeskilde aartappel in die meelmengsel.
Klop die eierwitte styf en vou dit in.
Bak die pannekoek totdat dit aan albei kante ligbruin is en sit dit met enige soet- of sout vulsel voor.

VULSEL
450g sampioene, gesny
25ml olie
25ml botter
50ml vars broodkrummels
15ml pietersielie, gekap
sout en peper
50ml room

Metode
Verhit die botter en olie in n pan en braai die sampioene 4 minute tot sag.
Meng die broodkrummels, pietersielie en smaakmiddels.
Roer die room by.
Verhit stadig. Plaas van die vulsel op elke pannekoek, vou dit toe en garneer dit met tamatie skywe.

http://www.liplekker.co.za/2018/07/aartappelpannekoek.html/

No comments:

Post a Comment