Friday, October 5, 2018

Romerige eiers met botterige roosterbrood

Genoeg vir 6


• botter vir smeer
• 200 g (1 pak) liggies gerookte salm
• hand vol grasuie, fyn gekap + ekstra
• 250 ml (1 k) dubbeldikroom
• 250 ml (1 houer) crème fraîche
• 12 eiers
• sout en gemaalde swartpeper
• 80 ml (1⁄3 k) parmesaan, fyn gerasper

Roosterbroodvingers
6 snye witbrood, korsies afgesny
60 ml (¼ k) botter
  1. Voorverhit die oond tot 190 °C en smeer 6 x 250 ml- hitte bestande bakkies met botter.
  2. Skep ewe veel gevlokte salm in elke bakkie. Strooi grasuie oor en verdeel die room en crème fraîche tussen die bakkies.
  3. Sit die bakkies in ’n oondpan en gooi kookwater in tot die bakkies halfpad in die water staan.
  4. Breek twee eiers in elke bakkie.
  5. Geur met sout en peper en strooi die parmesaan oor.
  6. Bak die eiers vir 15 min. of tot die eierwitte net gestol en die eiergeel nog loperig is.
  7. Maak intussen die roosterbrood vingers deur elke sny brood in 3 repies te sny.
  8. Druk met ’n hartjie koekie drukker ’n klein hartjie aan die onderkant van elke vinger uit.
  9. Braai die vingers vir sowat 1 min. aan elke kant oor matige hitte in die vooraf verhitte botter tot goudbruin en krakerig.
  10. Strooi ekstra grasuie oor en sit die gebakte eiers saam met die roosterbrood vingers voor.

 Bron: inenomdiehuis.com



No comments:

Post a Comment