2 pakke spinasie
2 aartappels
1 ui
1 pakkie spek, gesnipper en gaar gemaak tot lekker bros
2 koppies witsous met 'n teelepel droƫ mostert en paprika
vir geur
Kook aartappels en ui tot amper sag.
Voeg spinasie by.
Wanneer gaar, voeg sout en peper na smaak by met 'n
stukkie botter en maak fyn.
Pak 1 lagie spinasie in oondvaste skottel.
Sit witsous bo-oor en dan die spek.
Herhaal met spinasie en witsous.
Sprinkel cheddarkaas bo-oor, strooi paprika oor en bak in
die oond vir ongeveer 20 minute.
No comments:
Post a Comment