Friday, October 5, 2018

Maklike Pizza deeg


2 Koppies Bruismeel
1 Koppie ongegeurde yogurt
1 tee lepel sout

Meng alles saam tot n sagte deeg.
Rol rond uit vir pizza. (Die deeg maak 2 gewone pizzas)
Of plaas die deeg in ‘n (oond) pan en pak jou vulsels daarop.
Die deeg sal ook werk vir Calzones pizzas.

Idees:  

Smeer die bodem met een of meer van die volgende:
Tamatie en uie smoor
Tamatie pasta (paste)
Chutney
Sweet chillie sous

Vulsels (toppings)
Gebraaide mushrooms
**Pynappel stukke
Gebraaide spek
Gebraaide worsies
Tuna
Maalvleis 
Wees kreatief, laat jou verbeelding loop
Ek gebruik die geblikte pynappel stukke.
Dreineer en gebruik die pynappel vir die pizza.
Die sap kan gevries word vir latere gebruik

**Die sap kan gebruik word om pynappel jelly mee te maak.
Vervang die hoeveelheid water vir die jelly met die sap.

**Maak n marinade van pynappelsap en bietjie suurlemoen vir vark chops of sosaties
Gebruik die sap in plaas van water of vleis aftreksel (stock) om vark vleis mee gaar te maak.

**Gebruik die sap in slaai.
Wortel slaai:   http://www.liplekker.co.za/2018/01/wortel-slaai.html/
Die een is heerlik, Butternut slaai:  http://www.liplekker.co.za/2017/05/butternut-slaai-no-2.html/
Hier is nog n paar
http://www.liplekker.co.za/2009/09/butternut-slaai-fonna-goosen.html/
http://www.liplekker.co.za/2013/02/butternutslaai.html/
http://www.liplekker.co.za/2018/06/calzones-toe-gevoude-pizza.html/



No comments:

Post a Comment