Friday, October 5, 2018

Smul stafies

 
SMULSTAFIES
Anna Eksteen
(12 stafies)

Bestanddele
125 ml volkoringmeel
250 ml hawermout
1 ml koeksoda
125 ml klapper
125 ml bruin suiker
250 ml pitlose rosyne
150 g margarien, gesmelt
15 ml heuning

Metode
Voorverhit oond tot 180C.
Smeer die bakplaat.
Meng die volkoringmeel, hawermout, koeksoda, klapper, bruin suiker en pitlose rosyne saam in 'n groot mengbak.
Meng die gesmelte margarien en heuning saam in 'n aparte bak.
Roer goed.
Voeg margarien-heuningmengsel by die droë bestanddele en meng deeglik met 'n houtlepel.
Druk die mengsel eweredig vas op die bakplaat.
Bak 20 minute lank tot goudbruin.. Sny in stafies terwyl nog warm..
 Laat heeltemal afkoel.

No comments:

Post a Comment