Friday, October 5, 2018

Lemmetjie-en-klapper kaas-koekies - geskik vir diabete


 (12 kolwyntjie-groote kaas koekies)

Kors
½ pakkie volgraan- Digestive-koekies, fyngemaak
25 g laevet-margarien

Vulsel
100 g fruktose of xylitol
25 ml mielieblom
230 g laevet-roomkaas
200 g vetvrye gladde maaskaas
3 groot eiers
100 ml laevet-klapper melk
skil en sap van 1 lemmetjie
4 volgraan-Digestive-koekies, gekrummel
Verhit oond tot 160 °C.

Meng beskuitjies en margarien en druk vas op bodem van kolwyntjie panne
wat met kolwyntjie houers uitgevoer is.
Meng nou fruktose, mielieblom, roomkaas, maaskaas en eiers tot glad.
Voeg klappermelk, skil en lemmetjie sap by en meng verder.
Verdeel mengsel tussen kolwyntjie panne en bak vir 25 – 30 minute tot gestol.
Laat afkoel en sit voor met gekrummelde koekies bo-op.

KOMMENTAAR
Dis ’n goeie plan om die nagereg vooraf in klein porsies te verdeel.
Dit het reeds ’n lae GI, en as jy dit boonop saam met vars bessies voorsit, word die GI nog verder verlaag.
Die vet inhoud van die gereg kan verminder word deur die kors met Marie beskuitjies te vervang,
wat dan bloot onder in die kolwyntjie houers gesit word.
Die laevet-roomkaas kan om die helfte met vetvrye gladde maaskaas vervang word waarmee die
vet inhoud van die gereg met byna 20% verminder word. – Hilda Lategan

No comments:

Post a Comment