Friday, October 5, 2018

EENBAKETE MET SOUTBEESVLEIS [maak hom in jou potjie]

Bietjie olie
2 Uie Gekap
½ Pakkie Spek, gekap
2 Knoffelhuisies, gekneus
½ Teel Gedroogde pietersielie
1 Rooi Soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
1 Blik Sout beesvleis, fyn gemaak
1 Blik Geroomde sampioene
1 Blik Sampioene in skyfies gesny
2 Teel Bruinsuiker
1 Teel Kerriepoeier
3 Eetl Blatjang
1 Teel Worcestersous
Sout en gemaalde swartpeper na smaak
1 Koppie Water
3 Koppie Amper gaar rys
1 Koppie Cheddarkaas, gerasper

Stel oond op 180C. Soteer uie, spek en knoffel oor lae hitte tot sag.
Voeg pietersielie en soetrissie by en soteer nog ‘n bietjie.
Voeg die sout vleis en al die sampioene by.
Meng suiker, kerrie, blatjang, worcestersous, sout en peper met water en roer goed deur.
Voeg by vleismengsel in kastrol en prut oor lae hitte vir 5 minute.
Skep rys in ‘n groot genoeg gesmeerde oondbak.
Skep vleismengsel bo-op en sprinkel kaas oor.
Bak vir 30 minute of tot alle vloeistof geabsorbeer is.

No comments:

Post a Comment