Friday, October 5, 2018

DADELGEMMERPOEDING


DADELGEMMERPOEDING
Rika Theron
Bestanddele Stroop
Kook 'n stroop van 1 koppie suiker en 2 koppies water.
Bestanddele Poeding
1 k meel,
1/3 k melk,
1/2 k fyngesnyde dadels of korente,
1/2 t gemmer,
1 1/2 t koeksoda,
1 eier,
1/2 t sout,
2 e botter,
2 e appelkooskonfyt.
Metode
Smelt konfyt en botter en voeg melk waarin soda opgelos is, by. 
Klits eier by asook dadels of korente. 
Voeg droĆ« bestanddele by. 
Gooi in gesmeerde bak en gooi 1 koppie van die stroop daaroor. 
Bak 'n rukkie in matige oond (180°C). 
Gooi weer 'n koppie stroop oor en bak tot gaar - ongeveer 35 minute. 
Haal uit en gooi res van stroop oor warm poeding en bedien met vla. 
(Ongeveer 1/3 k brandewyn kan by stroop gevoeg word - dit gee 'n heerlike smaak.)
 http://www.liplekker.co.za/2018/09/dadelgemmerpoeding.html/

No comments:

Post a Comment