Saturday, September 5, 2015

"COKE" SJOKOLADEKOEK

"COKE" SJOKOLADEKOEK
500 ml koekmeel
5 ml sout
500 ml suiker
250 g botter
45 ml kakao
250 ml coke
375 ml malvalekkers in kwarte gesny
5 ml koeksoda
125 ml karringmelk
2 eiers geklits
5 ml vanielje geursel
Waspapier
Verhit oond tot 180 grade
Sif meel en sout bymekaar en meng saam
Voeg suiker by en hou eenkant
Verhit coke, botter en kakao saam in 'n kastrol oor stadige hitte
Wanneer warm is voeg die malvalekkers by en hou aan roer tot gesmelt (dit moenie kook nie)
Plaas die warm kastrol in koue water en roer sodat dit kan afkoel tot glad
Meng nou die koeksoda met die karringmelk in 'n aparte bakkie
Maak 'n holte in die middel van die meelmengsel en gooi die cokemengsel daarin en meng goed
Voeg die geklitste eiers en vanielje by en roer
Voeg die koeksoda/karringmelk mengsel by
Sny die waspapier vir die bodem van 'n goed gespuite koekpan
Voeg die beslag in die koekpan
Bak vir 1 uur
Versiersel
125 ml sagte botter
45 ml kakao
90 ml coke
500 g versiersuiker
100 g neute
5 ml vanielje geursel
Verroom die botter
Voeg coke by
Voeg die kakao en vanielje by
Voeg die versiersuiker bietjie-vir-bietjie by terwyl jy goed roer
Laat die koek goed afkoel en versier met die versiersel
Sprinkel neute bo-oor
COKE-VARKTJOPS
8 varktjops
1 blikkiecoca-cola
1 t sesamsaad
Vir die sous:
4 e tamatiesous
4 e bruinsuiker
1 e sojasous
1 e Worchestersous
1 e sweet "sweet chilli sous"
1/2 e paprika
1 Ui
2 Knoffeltoontjies
Sout & peper
Aluminiumfoelie
Verhit oond tot 180 grade
Spuit 'n oondpan goed met Spray & Cook
Skil die ui en knoffel en sny in stukkies
Voeg coke, bruinsuiker, tamatiesous, sojasous, worchestersous, paprika en sweet chilli sous in oondpan en meng saam
Plaas varktjops een-vir-een in die sous en draai om om die tjops elkeen, aan beide kante met sous te bedek
Sorg dat die varktjops goed met die sous bedek is
Gooi uie en knoffel oor asook sout en peper
Sprinkel laaste die sesamsaad oor
Bedek met foelie en bak in oond vir 'n uur
Bron:  Kos-is-oppie-Tafel-TV-program van Facebook

No comments:

Post a Comment