Thursday, April 13, 2017

Gideon se paasbolletjis


GIDEON SE PAASBOLLETJIES

















10g kitsgis
1k lou warm melk
1/4k witsuiker
500g koekmeel
1t sout
1/4k water
50g botter in blokkies gesny
1k rosyne
1t fyn kaneel
1t gemengde speserye
Afronding :
1/4k koekmeel
1/4k water
1/4k heuning wat verhit is

Voer n groot bakplaat met bakpapier
uit en spuit met kos sproei
Meng die gis helfte van die suiker en die melk in n maatbeker en laat staan vir 30 min op n warm plek tot dit n dik laag skuim bo op vorm
Plaas die meel die res van die suiker die sout rosyne kaneel en speserye by in die bak van n menger met n deegkaak ( ekt dit met die hand gemeng )
Giet die gismengsel geleidelik by terwyl die menger op n stadige spoed is
Giet die water bietjie vir bietjie by as die deeg n bietjie styf is
Voeg die botter by en laat die menger nog 10min vinnig knie of tot die deeg n bal om die haak maak en nie meer klewerig is nie
Bedek dit en laat rys vir 40min op n warm plek tot dubbel in vlume
Knie die deeg dan liggies af en vorm agt balle van tennisbal groote
Pak dit op die bereide bakplaat en laat rys vir nog 30min
Bak vir 30min in n voorverhitte oond op 180 grade C
Afronding:
Meng die koekmeel en water en skep in n spuitsak en spuit n kruis op elke balletjie
Verf dan met die louwarm heuning
En siedaar

Bron; Huisgenoot
Foto: Gideon Louw



Resepte Blog   http://lekkerresepte.blogspot.co.za
English Recipes Blog  http://recipes-english.blogspot.co.za
ePosVriende blog    http://eposvriende.blogspot.com
Web-site    www.liplekker.co.za   Facebook     www.facebook.com/ResepteRecipes   

No comments:

Post a Comment