Friday, October 5, 2018

Maklike soetkoekies

1 koppie botter of goeie margarien
1 koppie suiker
1 eier, geklits
1 teelepel Vanilla
1 teelepel bakpoeier
2 en 2/3 koppies meel
 
Room die botter en suiker goed saam (Met ander woorde, meng dat dit klap.)
Voeg nou die eier by die mengsel en klits vinnig.
Voeg nou jou droë bestanddele by en meng goed deur.
Laat die deeg so rukkie rus en rol dan lekker dun uit. Druk en vorm die deeg in enige vorms.
Bak teen 180C vir 7 10 minute 
Hou hulle dop dit brand maklik.

No comments:

Post a Comment