Monday, November 3, 2014

Fudge in 'n botteltjie

 

“Mamma Se_fudge_In ’n_Botteltjie” In Die Mikrogolf

1 blik kondensmelk
2 k strooisuiker (Castor sugar)
125 g kook margarien
5 ml vanieljegursel
Metode:
•Plaas al die bestandele in ‘n DIEP GLASBAK (2 liter)
•Kook op 100% krag vir 2 min … moenie dit roer nie.
•Haal uit en gooi 5 ml vanieljegeursel by,
•Klop dit nou baie… baie goed met houtlepel.
•Sit dit terug vir 10 min op 100% krag.
* Haal uit en klop weer baie baie goed. *
•Gooi uit in vierkantige vlak bak.
•Laat effens afkoel voor jy dit in blokkies sny..
* Moenie die fudge te veel klop nie. Giet dit in klein botteltjies (foto) en verseel dadelik. *
Ns: Ek het 2 hoeveelhede aangemaak. Ek het nou die een botteltjie oopgedraai en met die lepel daarvan geëet.
Dankie vir ons BBM vriende wat deel

Nog ‘n ietsie wat die kinders kan verkoop

 

blomkoolslaai

BLOMKOOLSLAAI

1 blomkool (in blommetjies gebreek)            
250ml Cheddarkaas (in blokkies gesny)
24 gevulde olywe (in skyfies gesny)            
1 bossie grasuie (fyn gekap)
6 groot radyse (in skyfies gesny)

SLAAISOUS:
100 ml suurroom                    
100ml mayonnaise
17g knoffelsousmengsel (2 x 34g pakkie)

1.  Plaas die blomkool, kaas, olywe, grasuie en radyse in ‘n bak.
2.  Meng die slaaisous bestanddele en gooi dit oor die slaai.
3.  Verkoel die slaai totdat dit bedien word.

http://lekkerresepte.blogspot.com/

 

Peper & Mushroom sous

PEPER & MUSHROOM SOUS ( vir steak )

 

Braai saam tot sag:    1 Groot UI baie fyn opgekerf

1 Groot GREENPEPER  baie fyn opgekerf

1 Pak MUCHROOMS in ringe gesny

 

Meng baie goed saam in beker en gooi by bg. :       

250ml Vars ROOM

250ml MELK

1 Koevert MUSHROOM SOP POEIER

 

Roer kort kort en kook tot sous dik is.  + 10 Minute

http://lekkerresepte.blogger.com

 

Peper & Mushroom sous

PEPER & MUSHROOM SOUS ( vir steak )

 

Braai saam tot sag:    1 Groot UI baie fyn opgekerf

1 Groot GREENPEPER  baie fyn opgekerf

1 Pak MUCHROOMS in ringe gesny

 

Meng baie goed saam in beker en gooi by bg. :       

250ml Vars ROOM

250ml MELK

1 Koevert MUSHROOM SOP POEIER

 

Roer kort kort en kook tot sous dik is.  + 10 Minute

http://lekkerresepte.blogger.com

 

Lensie Sop

Lensiesop

1 pakkie bruin lensies
2 pk sopgroente (wat mens in die groentewinkels kry)
1-2 pk sopbene (maw 2-4 sopbene na gelang van wat jou beursie sê)
2-4 aartappels (die soort wat maklik blus, waarvan mens kapokaartappels
maak)
geurmiddels

Gooi die vleis en sopbene in 'n 5 liter kastrol wat driekwart met water gevul is. Plaas op die stoof en laat solank vinnig kook terwyl die groente gekerf word. Ek rasper sommer alles wat gerasper kan word op die growwe kant van die rasper. Die res kerf ek fyn - met die hand of voedselverwerker.
Moenie te veel rape ingooi nie. Ek vind dit maak die sop efffens bitter. Sodra die groente klaar gekerf is, gooi ek dit by die res in die pot en laat stadig kook. Soms hou ek die aartappels uit tot so 20 minute voor ek dit opskep om te keer dat die aartappels heeltemal fyn kook.
Vul maar nou en dan aan met water indien nodig. Gooi sout, peper, Aromat, Worcestersous, tamatiesous of -pasta na smaak by. 'n Tritseltjie blatjang is ook nie onvanpas nie - pasop vir te veel anders gee dit die sop 'n soeterige geurtjie.

 

Noedelslaai

 

NOEDELSLAAI

1 pak (500g) skroef of skulpnoedels            
1 soetrissie
1 ui                            
250 ml tamatiesous
125 ml asyn                        
125 ml sonneblomolie
200ml witsuiker                        
25ml matige kerriepoeier
paar druppels Tabascosous

Kook die noedels volgens die aanwysings op die pakkie tot gaar. 
Laat dit goed dreineer.  Halveer, ontpit en sny die soetrissie fyn. 
Skil en kap die ui fyn.  Meng die noedels, ui en soetrissie in'n slaaibak.
Meng die tamatiesous, asyn, sonneblomolie, witsuiker, kerriepoeier, Tabascosous en peper. 
Giet dit oor die noedelmengsel en meng dit liggies. 
Verkoel voor opdiening.


HIERDIE GEREG IS HEERLIK AS DIT OORNAG IN DIE YSKAS VERKOEL IS.

 

Wednesday, October 29, 2014

KLAPPER EN KONDENSMELK BALLETJIES

KLAPPER EN KONDENSMELK BALLETJIES BESTANDDELE: 1 pakkie Mariebeskuitjies baie fyn gemaak 1 koppie Klapper 1 blikkie Kondensmelk (Volroom) Ekstra klapper om in te rol METODE: Meng Kondensmelk en klapper goed en voeg dan die fyn Mariebeskuitjies by. Meng baie goed. Rol in Balletjies en rol dan in klapper. Plaas op waspapier in lugdigte houer of in klein papierkoppietjies (Cup Cakes). VARIASIE Gebruik Karamel Kondensmelk in plaas van gewone. Druk in kersie of neut in balletjie vir 'n verrassing.