Monday, November 3, 2014

Noedelslaai

 

NOEDELSLAAI

1 pak (500g) skroef of skulpnoedels            
1 soetrissie
1 ui                            
250 ml tamatiesous
125 ml asyn                        
125 ml sonneblomolie
200ml witsuiker                        
25ml matige kerriepoeier
paar druppels Tabascosous

Kook die noedels volgens die aanwysings op die pakkie tot gaar. 
Laat dit goed dreineer.  Halveer, ontpit en sny die soetrissie fyn. 
Skil en kap die ui fyn.  Meng die noedels, ui en soetrissie in'n slaaibak.
Meng die tamatiesous, asyn, sonneblomolie, witsuiker, kerriepoeier, Tabascosous en peper. 
Giet dit oor die noedelmengsel en meng dit liggies. 
Verkoel voor opdiening.


HIERDIE GEREG IS HEERLIK AS DIT OORNAG IN DIE YSKAS VERKOEL IS.

 

No comments:

Post a Comment