Monday, November 3, 2014

Kerrie en rys - 100 porsies

KERRIE-EN-RYS (100 porsies)

24 medium uie, geskil en gekap 9 knoffelhuisies, geskil en gekap
190 ml sonneblomolie 20 wortels, geskil en in blokkies
25 aartappels, geskil en in blokkies 3 soetrissies, gekap
12,5 kg vleis, in blokkies 5 k sultanas
90 ml matige kerriepoeier 80 ml borrie
15 ml fyn koljander swartpeperkorrels
kruienaeltjies lourierblare
150 ml asyn 115 ml wit suiker
90 ml fyn appelkooskonfyt 100 ml sout
115 ml tamatiepuree 62,5 ml mielieblom
37,5 ml Worcestersous 125 ml blatjang
vleisaftreksel 30 k water om rys in te kook (sout) 13 k rou rys

Soteer uie en knoffel in olie in groot swaarboomkastrol. Voeg die wortel en aartappelblokkies asook die gekapte soetrissies by en braai liggies. Skep uit en hou eenkant. Braai die vleis vinnig in dieselfde kastrol.

Meng kerriepoeier, borrie, koljander, swartpeperkorrels, naeltjies en lourierblare, roer by die vleis en braai ‘n minuut lank.

Meng asyn, suiker en appelkooskonfyt, sout, tamatiepuree, mielieblom, Worcestersous en blatjang tot ‘n pasta. Voeg die pasta saam met die gebraaide groente- en vleismengsel en sultanas in die kastrol. Voeg vleisaftreksel by soos nodig en prut tot gaar. Roer nou en dan om te keer dat dit aanbrand.

Kook die rys in die water waarby sout na smaak bygevoeg is.
Wenk: Vergroot die resep deur ‘n groot, ryp boerpampoen sag te kook, deur ‘n sif te druk, en saam met ses gerasperde Granny Smith-appels en 10 fyngedrukte ryp piesangs by die mengsel te voeg.

Source: chessaleeinlondon.wordpress.com 

www.lekkerresepte.co.za

http://www.resepte-recipes.co.za

 

 

http://groups.yahoo.com/group/resepte
Subscribe: resepte-subscribe@yahoogroups.com
List owner: resepte-owner@yahoogroups.com

._,___

No comments:

Post a Comment