Monday, November 3, 2014

VleisRolletjies - ongeveer 150

VLEISROLLETJIES (Ongeveer 150)

Vulsel:
5 aartappels 5 uie
2,5 kg maalvleis sout, peper, tiemie
neutmuskaat

Kors:
8 k meelblom 5 ml kremetart
10 ml sout 980 g botter/margarien
4 eiers, geskei 25 ml suurlemoensap
ongeveer 200 ml yskoue water

Kook die aartappels sag, trek die skille af en druk fyn – hou eenkant.
Braai gekapte uie tot dit deurskyn en voeg die maalvleis by. Braai die vleis tot gaar en roer deurentyd. Geur die vleismengsel met sout, peper, tiemie en neutmuskaat na smaak en bind dit met die gaar, fyngedrukte aartappels. Laat die vulsel afkoel en vorm worsies van ongeveer 30 cm lank. Verhit die oond tot 200ÂșC en smeer bakplate.
Kors: Sif meel, sout en kremetart saam. Rasper die botter by die meelmengsel en vryf dit liggies tot krummelrig. Klits eiergele liggies en meng met yskoue water en suurlemoensap. Voeg eiermengsel by meelmengsel en meng tot ‘n hanteerbare deeg. Strooi koekmeel op werkvlak en rol deeg dun daarop uit. Sny deeg in stroke van ongeveer 13 x 30 cm. Sit vleisworsie in die lengte op elke strook, smeer een kant van deeg met geklitste eierwit en vou die ander kant oor. Druk goed vas en sny worsies van ongeveer 6 cm lank.
Verf eierwit op elke rolletjie en bak dit ongeveer 20 minute lank tot goudbruin. Pak op draadrak om af te koel.
Vir 30 rolletjies:
Vulsel: 2 aartappels Kors: 4 k meel
2 uie, geskil + gekap 2,5 ml kremetart
500 g maalvleis 5 ml sout
sout, peper, tiemie, 480 g botter/margarien
fyn neutmuskaat 2 eiers, geskei
12,5 ml suurlemoensap
Volg metode soos bo.
ongeveer 100 ml yskoue water

Source: chessaleeinlondon.wordpress.com 

Facebook:  http://www.facebook.com/ResepteRecipes

Recipes in English - with the word.doc
http://groups.yahoo.com/group/english_recipes
Subscribe: english_recipes-subscribe@yahoogroups.com

Resepte in Afrikaans en Engels - met die Word.doc

http://groups.yahoo.com/group/resepte
Subscribe: resepte-subscribe@yahoogroups.com

 

http://www.lekkerresepte.co.za

www.resepte-recipes.co.za

 

No comments:

Post a Comment