Monday, November 3, 2014

Ystervarkie resep gemaak met brood

Ystervarkie resep gemaak met brood (resep: Monique Swiegers )

Die is my ouma se goedkoop ystervarkie resep en is heerlik:


1 Dagoud witbrood
750ml (3k) suiker
375ml (1 halwe k) water
250ml (1k) kakao
30ml (2e) botter
5ml (1t) vanieljegeursel
Ongeveer 750ml (3k) klapper


Metode:
1. Sny die brood in snye van 3cm dik en verwyder die korsies. Sny elke sny in ongeveer 3cm blokkies. Hou in n lugdigte houer.
2. Meng die res van die bestandele, behalwe vanielje en klapper, in kastrol en verhit oor matige hitte tot suiker opgelos is.
3. Verhit tot kookput en kook sowat 1min lank vinnig. Verwyder van die hitte en voeg die vanieljegeursel by.
3. Doop die broodblokkies in die sjokoladestroop en rol daarna in die klapper. Laat staan op n draadrakkie en bere in lugdigte houer.
Lewer 40 blokkies.
Ons het ons siek ge eet aan die ystervarkies.

 

Recipe Posted on our Facebook http://www.facebook.com/Resepte.Recipes

By Monique Swiegers.

 


Resepte in Afrikaans en Engels - met die Word.doc

http://groups.yahoo.com/group/resepte
Subscribe: resepte-subscribe@yahoogroups.com

 

 

No comments:

Post a Comment