Tuesday, July 11, 2017

Onfeilbare Pastei deeg - kan oor vir worsrolletjies (sausage rolls) gebruik word



ONFEILBARE PASTEIDEEG



 














Jy kan die bestandele halveer ook.
Gebruik vir sausage rolls en pasteie.

9 koppies meel
750 g wit margarien gevries
3 teelepels kremetart
2 koppies yskas water
2 teelepels sout

METODE:
Meng meel kremetart en sout saam.
Rasper die gevriesde wit margarien by die meel mengsel en frummel tot korrelrig.
Voeg nou 2 koppies yskas water by en meng tot deur gewerk is en lekker stywe uitrol deeg is.
Laat paar uur in die yskas om af te koel en gebruik.

NOTA: die deeg lyk asof dit nie gaan deurwerk nie maar moenie enige vloeistof byvoeg nie
Dis net geduld wat resultate gaan lewer.
Hoop daar is van julle wat sal baat vind by die reseppie, dit was my ma sin gewees.

Bron: Rita Nienaber
Plasing & Foto: Rita Nienaber / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK


English Recipes Blog  http://recipes-english.blogspot.co.za
ePosVriende blog    http://eposvriende.blogspot.com
 
Facebook     www.facebook.com/ResepteRecipes   



 
 Resepte in Afrikaans – met die Word.doc
http://groups.yahoo.com/group/resepte
Subscribe: resepte-subscribe@yahoogroups.com

No comments:

Post a Comment