Tuesday, July 11, 2017

Wors rolletjies - Deeg en vulsel



Wors rolletjies -  Deeg en vulsel




Deeg:

500 g bruismeel
500 g margarine
1 k yskoue water (3/4 K water as jy by die kus woon)
1 E asyn
1 eiergeel
1 T sout
Smelt die margarine en voeg die koue water by en laat afkoel
Voeg nou al die bestanddele by en meng tot alles gemeng is
Plaas in yskas vir 30 min
Werk die deeg weer deur en plaas in yskas oornag

Vleis:
1 kg maalvleis
1 T sout
1/4 T peper
2 E fyn koljander
2 T maalvleis speserye
1/4 K vrugte bladjang
4 snye brood korsies verwyder en in water geweek
1/4 K hawermout
1 T mosterd poeier
1/4 T fyn naeltjies
1 T Aromat
Metode:
Plaas vleis op stoof en voeg die sout peper bladjang en koljander by
Kook tot vleis net deur gekook is en nie meer pienk is nie
Laat effens afkoel
Druk al die water uit die brood en meng dit saam met res van bestanddele deur die vleis
Druk vleis in 'n vierkantige of langwerpige bak vas. Plaas oornag in yskas

Maak die rolletjies:
Rol deeg op meelbestrooide oppervlakte in n reghoek uit
Sny die kante gelyk
Sny die vleis in 2 cm stroke
Sny die deeg in stroke omtrent 6 cm breed
Plaas vleis in middel van die deeg
Smeer die eenkant met water
Vou die droë kant eerste oor die vleis en dan die nat gedeelte druk vas en draai om sodat las onder is.
Sny die worsrolletjies in grootte soos verkies. Ek sny myne 4 cm lank
Maak twee snytjies bo-op deeg sodat die stoom kan ontsnap
Pak op pan en smeer met geklitste eier.
Bak 20 min tot mooi bruin by 200° C
Die fotos verduidelik stap vir stap die rolletjies 

Bron: Elsie Slabbert
Plasing & Foto: Elsie Slabbert / WATAERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK 

Resepte Blog   http://lekkerresepte.blogspot.co.za
English Recipes Blog  http://recipes-english.blogspot.co.za
ePosVriende blog    http://eposvriende.blogspot.com
Facebook     www.facebook.com/ResepteRecipes   


No comments:

Post a Comment