Wednesday, October 5, 2016

Einde van die maand tert

Einde-van-die-maand-tert

Beslag
2 eiers
125 ml suiker
60 ml botter of margarien
250 ml melk
180 ml koekmeel
12 ml bakpoeier
Sous
60 ml botter
90 ml heuning

Voorverhit die oond tot 190 °C en smeer ’n oondbak van 30 cm x 15 cm met botter of margarien.

Klits die eiers en suiker goed saam tot liggeel. Verhit intussen die botter en melk saam tot die melk net onder kookpunt en die botter gesmelt is.

Meng die meel en bakpoeier in ’n bak en voeg die eiermengsel daarby. Roer liggies en voeg die melkmengsel by.

Meng tot glad.

Giet in die voorbereide bak en bak vir ongeveer 20 minute tot die kante goudbruin en die tert deurgebak is.

Terwyl die tert bak, verhit die botter en heuning tot kookpunt.

Prik die tert met ’n vurk sodra dit uit die oond kom en giet die heuningstroop oor.

Laat goed intrek en sit louwarm voor. Lewer 8-10 porsies.

 

http://koekoes.blogspot.com  Koekoes Bargain Shop

 

http://eposvriende.blogspot.com   Good Clean Fun

http://lekkerresepte.blogspot.co.za Resepte Afrikaans & English

http://lekkerresepte.blogspot.co.za English Recipes

 

 

 

No comments:

Post a Comment