Friday, March 3, 2017

Alles oor asyn



 ALLES OOR ASYN

Asyn is een van die oudste kosmaak bestanddele wat daar is en dit kan nagegaan word tot sowat 10 000 jaar gelede. Die Engelse `vinegar' is afgelei van `vinaigre', die Franse woord vir suur wyn. Asyn is inderdaad 'n swak oplossing van asynsuur wat ontstaan wanneer wyn of 'n ander alkoholiese oplossing gis.

Asyn word vir baie dinge gebruik. As bykos, 'n preserveermiddel, in boererate en selfs as 'n matige ontsmettingsmiddel. Dit hou vir 'n onbepaalde tyd, maar dit bly die beste bewaar as jy dit weg van lig en hitte bêre.

APPELASYN
Word van appelwyn gemaak. Dit het 'n matige, effense soet en vrugtige geur en 'n ligte goue kleur. Ongefiltreerde appelasyn het glo gesondheidsvoordele.
Gebruike:
Slaaisouse, vis of skulpvisgeregte en ingemaakte kos, veral ingelegde vrugte.

ROOI WYN ASYN
Word van rooi wyn gemaak.
Gebruike:
Slaaisouse, die gaarmaak van rooikool, in lewer of rooi vleisgeregte, in souse of eiergeregte.

WIT WYNASYN
Word van wit wyn gemaak. Rooi en wit wynasyn is baie veelsydig en jy kan dit in die meeste resepte gebruik waar jy asyn nodig het.
Gebruike:
Slaaisouse,
Mayonnaise, vleis, wild en vismarinades, souse, vir die skoonmaak van 'n aangebrande pan of om gegeurde asyn te maak..

BALSEMIEKASYN
Word van dieselfde druiwe as donker balsemiekasyn gemaak, maar 'n ander proses word gebruik om die asyn helder te maak. Dit het 'n sterker geur as donker balsemiek en word gebruik in geregte wat vir die geur van balsemiekasyn vra, maar wat beter lyk met 'n kleurlose asyn.
Gebruike:
Slaaisouse, souse, pastaslaaie, met hoender of vis, of om 'n pan skoon te maak.


No comments:

Post a Comment