Friday, March 10, 2017

Kerrie Boontjie Slaai




Kerrieboontjieslaai
Deur Arina du Plessis

Aangesien ’n mens die slaai kan bottel, gee ek ’n groot resep, wat genoeg is vir sowat 6 flesse van 500 ml elk.

■ Ongeveer 2 kg groenboontjies
■ 3 groot uie, redelik grof gekap
■ 750 ml wit druiweasyn
■ 750 ml suiker
■ 40 ml matige kerriepoeier
■ 15 ml borrie
■ 15 ml seesout
■ 110 ml mielieblom
■ 60 ml water

Maak die groenboontjies skoon en kerf redelik grof.
Sit die boontjies en uie saam in ’n mengbak en bedek met kookwater.
Laat staan vir 10 minute en gooi die water af.
Herhaal die proses nog een keer en dreineer goed.
Verhit die asyn en suiker saam tot kookpunt.

Meng die kerriepoeier, borrie, sout en mielieblom met die water tot ’n pasta.
Voeg ’n bietjie van die warm asynmengsel daarby en roer deur.
Giet alles terug in die kastrol en verhit tot kookpunt, terwyl jy roer.
Voeg die boontjie-en-uiemengsel by die kerriesous en prut stadig vir ’n paar minute tot die boontjies net-net gaar is.

Skep die slaai in gesteriliseerde flesse en verseël onmiddellik met gesteriliseerde deksels.
Laat afkoel en bêre op ’n koel, droë, donker plek.
As jy ’n fles boontjieslaai oopgemaak het, bêre daardie fles in die yskas.
Lewer ongeveer 3 liter slaai.

Met vergunning landbou.com

ePosVriende blog    http://eposvriende.blogspot.com
Web-site    www.liplekker.co.za
Facebook     www.facebook.com/ResepteRecipes 

No comments:

Post a Comment