Friday, June 23, 2017

EIERVRY PLAATKOEKIES



EIERVRY PLAATKOEKIES

375 ml Koekmeel
20 ml Bakpoeier
15 ml Suiker
375 ml Melk
5 ml Asyn
60 ml Gesmelte Botter
Olie vir gaarmaak

METODE
Sif die koekmeel, bakpoeier, suiker en 5 ml sout saam in ’n groot mengbak.
Meng die melk, witasyn en gesmelte botter saam in ’n ander mengbak.
Roer die vloeistof en droƫ bestanddele bymekaar tot goed gemeng.
Bak die plaatkoekies.
Verhit ’n dun lagie olie oor matige hitte in ’n kleefvrye pan.
Skep lepels vol van die mengsel in die pan.
Wanneer dit goudbruin is, draai die plaatkoekies om en bak die ander kant.
Skep uit en laat dit afkoel.
Bedien met Heuning of Stroop met skywe Roomys tussen in of aarbeie

N.S: ja ek het sommer bietjie Vla oor gegooi met stroop en roomys en dit was heerlik vir laat aand
**Helena Kruger *24/11/2015   http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2015/11/eiervry-plaatkoekies.html                                                  
*my eie verwerking Helena*
 




 
 Resepte in Afrikaans – met die Word.doc
http://groups.yahoo.com/group/resepte
Subscribe: resepte-subscribe@yahoogroups.com

No comments:

Post a Comment