Friday, June 2, 2017

Sonskyn eier gebak.doc

Sonskyn eier gebak

410g ingemaakte hoenderroomsop

60ml melk

10ml gerasperde ui

250ml gerasperde Cheddarkaas

6 eiers

6 snye Franse brood, 25mm dik, gehalveer

botter of margarien

aangemaakte mosterd

fyn gekapte pietersielie vir garnering

 

Verhit die sop, melk en ui saam in ‘n swaarboomkastrol.

Verwyder dit van die hitte en roer die kaas by.

Giet 250ml van die sous in ‘n oondskottel en breek die eiers versigtig daarin oop.

Skep die res van die sous versigtig om die eiers.

Smeer die snye brood met botter of margarien en mosterd en plaas dit regop in die sous, teen die rand van die bak.

Bak dit ongeveer 20 minute lank in ‘n voorverhitte oond by 180C totdat die eiers gaar is.

Strooi die pietersielie oor en bedien dadelik. Lewer 6 porsies.

Resep verskaf en getoets deur Anna Eksteen

 

 

No comments:

Post a Comment