Friday, January 20, 2017

GEVULDE VETKOEK



GEVULDE VETKOEK:


(sowat 10 - 12 vetkoeke)
250 g koekmeel
10 ml bakpoeier
15 ml suiker
2 eiers, geklits
125 ml water
2 ml sout
olie, om in te braai
6 hard gekookte eiers
een pak van sowat 500 g dun beeswors, gaar

Sif die meel en bakpoeier saam en voeg die suiker by.
Meng die eiers met die water en voeg die sout daarby.
Voeg hierdie mengsel by die droĆ« bestanddele en knie tot jy ’n gladde deeg het.
Verhit genoeg olie vir vlak- of diepbraai in ’n pan.
Die olie moet warm wees, maar nie op rook punt nie.
As jy gewone vetkoek wil maak, sit jy ’n deeg bal in die olie, braai tot goudbruin aan albei kante en dreineer.
As jy gevulde vetkoek wil maak, moet jy ’n eier of ’n stukkie wors of frikkadelletjie in deeg toedraai en dit dan diepbraai. Gevulde vetkoek is lekker padkos, en ek maak hulle sommer op pad, of reeds die vorige aand.



As jy ‘n gekookte eier insit.



Of ‘n stukkie boerewors, middeldeur gesny, gesmeer met chutney, toe gedruk en binne in die deeg behoort lekker te wees.



Ek het nog net die klein gevulde vetkoekies ge eet wat maalvleis binne in gehad het.  Dit was heerlik


 Resep bron:  facebook.com/OutydseEnEkonomieseResepteEnWenke 


Resepte in Afrikaans en Engels - met die Word.doc

No comments:

Post a Comment