Friday, January 20, 2017

Suikermielie vetkoekies (met rys)



Suikermielie vetkoekies (met rys)

375 ml ongesif af gemeet koekmeelblom
15 ml bakpoeier
10 ml suiker
5 ml sout
500 ml gaar koue rys
410 g (1 blik) geroomde suikermielies
125 ml melk
1 eier
kookolie vir vlak braai

Sif die koekmeelblom, bakpoeier, suiker en sout saam. Vou die rys en suikermielies in die gesifte bestanddele in. 
Klits die melk en eier saam tot gemeng. Voeg dit by die meel mengsel en maak aan tot 'n sagte deeg.
Skep eetlepels vol deeg in matig warm kookolie. Braai die vetkoek eers aan die een kant tot goudbruin: dit moenie te vinnig braai nie. 
Braai dan aan die ander kant goudbruin.  
Dreineer die gaar vetkoeke op kombuispapier en sit warm voor. Heerlik saam met stroop of heuning.





No comments:

Post a Comment