Friday, January 20, 2017

Lepel Vetkoekies



Lepelvetkoekies:

250ml koekmeelblom
5ml bakpoeier
2ml sout
125ml water of melk (Ongeveer)
1 eier (Geklits)
Kookolie vir braai
Sif die droƫ bestanddele saam. Klits die eier en water saam, voeg by die meelmengsel en meng tot 'n sagte deeg. Giet kookolie 12mm diep in 'n braaipan en verhit. Plaas lepels vol van die deeg in die warm olie en braai tot goudbruin aan beide kante. Dreineer op papierhanddoek.
Heerlik saam met botter en stroop.

 
Baie dankie Marietjie-Franco vir die resep wat jy met ons gedeel het.
Subscribe (Afikaans en Engels): resepte-subscribe@yahoogroups.com

No comments:

Post a Comment