Monday, January 16, 2017

Sue se Lekker Broodwiele.doc

Sue se Lekker Broodwiele

Sue Day 
Die lekker resep op Resepte vir die Jongergeslag gekry.

 

Bestanddele:

1 kg Gekoopte brood deeg uitgerol

2 Uie, gekerf

15 ml Olyfolie

10 ml Gemaalde knoffel

250 g Streepspek

1 k Gerasperde cheddar kaas

250 ml Vars room

1 Pakkie Potato Bake

125 ml Melk

 

Metode:

Braai die ui en knoffel en spek saam Laat afkoel

Rol die brooddeeg uit in ‘n reghoek.

Smeer die uie en spek mengsel egalig oor die deeg en strooi die kaas oor.

Rol die deeg op en druk goed vas.

Sny die deeg in 2 cm wiele en plaas in oondpan.

Meng die room, Potato Bake en melk saam en gooi oor die wiele.

Bak in voorverhitte oond by 180ºC vir 45 minute.

No comments:

Post a Comment