Friday, January 20, 2017

Vet Frikkies - Frikkadelletjies in vetkoekdeeg gebak.



Vetkoek met maalvleis binne in
Hierdie 1ste resep is van Tanya.  Dit lyk na ‘n wenner.

VETFRIKKIES
Frikkadelletjies in vetkoekdeeg gebak.
Maak klein frikkadelltjies ( van ongeveer 25ml vleis elk)

Vetkoeke
Bestanddele:
250ml lou melk
250ml lou water
50ml botter of margarine
25ml wit suiker
1 eier
1600ml koekmeelblom
1 koevertjie droë suurdeeg
5ml sout

Metode:
1. Meng meel, suurdeeg en sout saam.
2. Meng die water, botter en suiker.
3. Voeg die eier by die mengsel as die botter gesmelt het.
4. Voeg nou die 2 mengsels saam.
5. Knie tot ‘n gladde deeg. Plaas in ‘n plastiek bak en laat toe om te reis tot dubbeld die volume.
6. Knie die deeg af en rol uit tot 1cm dikte.
7. Sny in vierkant van 6cm x 6cm.
8. Rek die deeg uit en vou om die frikkadelltjies, knyp kante goed vas.
9. Bak in diep, warm olie tot goudbruin.

TANYA MOLLER

No comments:

Post a Comment