Friday, January 20, 2017

Vetkoek



Ontvang van Andrina
Die basiese deeg resep kan gebruik word en uitgerol word. Die vleis gaar gemaak word soos verlang & dan in die deeg gesit word. Bak in oond    



Bestandele
·         Kookolie vir vlak braai
·         1 Koppie Kookwater
·         2 Eiers
·         Knypie Sout
·         2 Teelepels Bakpoeier
·         2 Eetlepels Suiker
·         2 Koppies (500ml) Koekmeelblom

Aanwysings
Sif die koekmeelblom, suiker, bakpoeier en sout saam. Klits die eiers in ‘n aparte mengbak.
Klits die kookwater by die eiers: klits goed. Voeg die eiermengsel by die meelmengsel en
klop met ‘n houtlepel tot goed gemeng; die beslag is slap.

Skep dessertlepels vol beslag in matig warm kookolie in ‘n braaipan. Braai die vetkoek totdat

die onderkant goudbruin en die bokant vol lugborrels is. Draai om sodat die bokant ook goudbruin
kan braai. Plaas die Vetkoek op kombuispapier sodat alle oortollige olie daarin kan dreineer.
Sit die Vetkoek warm voor met botter en heuning of appelkooskonfyt of met maalvleis.

Die raad kom van Corrie:
 My vriendin maak sulke lekker vetkoekies met mince in. Ek het dit nog nie probeer nie, is 'n ramp as dit by kosmaak kom.

Sy sĂȘ sy koop sommer gewone deeg by Checkers/SPAR/P 'n P.  Laat dit rys, deel dan in bolletjies, rol dit dun uit en bak olie moenie te warm wees nie.

Sy maak hare nogal klein, want sy maak baie platters en dit is heerlik. Hoop dit help.

No comments:

Post a Comment