Friday, January 20, 2017

Kerrie maalvleis-vetkoek



Kerrie maalvleis-vetkoek



Jy benodig
  • 30 ml sonneblomolie 
  • 500 g maalvleis 
  • 2 uie, fyngekap 
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap 
  • 1 blik gekapte tamaties 
  • 20 – 30 ml kerriepoeier 
  • 15 ml borrie 
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak 
  • sowat 250 ml water
Verhit olie in ’n kastrol. Voeg maalvleis by en braai vir so 6 minute.
Die vleis stukkies moet net los kom van mekaar. Voeg gekapte uie en knoffel
by en braai verder vir so 10 minute. Voeg tamaties, kerriepoeier en borrie by.
Geur met sout en swartpeper. Voeg water by en bedek. Laat vir minstens 2 uur prut.
As vleis lyk of dit wil droog kook, kan jy nog water byvoeg.

No comments:

Post a Comment